Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Kings 6

:
Afrikaans - AFR20
1 In die vierhonderd-en-tagtigste jaar die uittog van die Israeliete uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif dit is die tweede maand het hy die •tempel vir die Here begin bou.
2 Die tempel wat koning Salomo vir die Here gebou het, was sestig el lank, twintig el breed en dertig el hoog.
3 Die portaal aan die voorkant van die hoofvertrek van die tempel was, soos die tempel, twintig el breed, en dit was tien el lank. Dit was aan die voorkant van die tempel.
4 Hy het vir die tempel omraamde vensteropeninge met luike gemaak,
5 en rondom, teen die buitemuur van die tempel, het hy 'n struktuur opgerig dit is reg rondom die mure van die tempel, aan die hoofvertrek en aan die heiligste deel. Hy het rondom sykamers daarin aangebring.
6 Die onderste vlak van die sykamers was vyf el breed, die middelste vlak was ses el breed, en die derde vlak was sewe el breed; want hy het die tempelmuur aan die buitekant rondom trapsgewys vernou, sodat daar nie iets in die tempelmure ingevoeg sou word nie.
7 Die tempel self is by die oprigting met onbewerkte klip uit die steengroef gebou. Hamers en bylpikke, enige gereedskap van yster, is glad nie gehoor by die tempel tydens die oprigting nie.
8 Die ingang na die middelste vlak van die struktuur was aan die regterkant van die tempel. Met trappe het 'n mens opgeklim na die middelste vlak, en van die middelste na die derde.
9 Toe hy die tempelmure klaar gebou het, het hy die tempel bedek met balke en panele van sederhout.
10 Hy het die struktuur opgerig langs die hele tempel; elke vlak was vyf el hoog, en dit was aan die tempel vas met sederhoutbalke.
11 Toe het die woord van die Here tot Salomo gekom:
12 “Aangaande hierdie tempel wat jy besig is om te bou as jy my vaste voorskrifte volg, my bepalings uitvoer en al my gebooie nakom deur daarvolgens te leef, sal Ek my belofte oor jou gestand doen, die belofte wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het.
13 Ek sal tussen die Israeliete vertoef en my volk Israel nie verlaat nie.”
14 Toe Salomo die tempel klaar gebou het,
15 het hy teen die mure van die tempel aan die binnekant 'n raamwerk van sederhoutplanke aangebring, van die vloer van die tempel tot by die dakbalke van die plafon, en dit toe met hout bedek. Die vloer van die tempel het hy met sipreshout bedek.
16 Die twintig el aan die agterkant van die tempel het hy met sederhoutplanke toegebou, van die vloer tot by die dakbalke. Die binnekant daarvan het hy as heiligdom ingerig, as die Allerheiligste.
17 Die tempel self, dit is die hoofvertrek voor die heiligdom, was veertig el lank.
18 Op die sederhout aan die binnekant van die tempel was daar houtsneewerk van •kolokwinte en blomkelke. Alles was van sederhout; geen klip was te sien nie.
19 Die heiligdom binne-in die tempel het hy ingerig om die verbondsark van die Here daar te plaas.
20 Aan die voorkant was die heiligdom twintig el breed. Dit was twintig el lank en twintig el hoog. Hy het die binnekant met bladgoud oorgetrek. Hy het ook 'n sederhoutaltaar oorgetrek.
21 Salomo het die binnekant van die tempel met bladgoud oorgetrek. Hy het goue kettings voor die heiligdom gespan en die heiligdom met goud oorgetrek.
22 Die hele tempel het hy met goud oorgetrek die tempel as geheel. Ook die hele altaar wat by die heiligdom hoort, het hy met goud oorgetrek.
23 In die heiligdom het hy twee gerubs van wilde-olyfhout gemaak, tien el hoog.
24 Die een vlerk van die gerub was vyf el lank, en so ook die ander vlerk van die gerub. Daar was tien el tussen die twee vlerkpunte,
25 en ook tien el by die tweede gerub. Die twee gerubs het dieselfde mate en dieselfde vorm gehad:
26 Die hoogte van die een gerub was tien el, en so ook die tweede gerub.
27 Hy het die gerubs in die binnevertrek geplaas, met die vlerke van die gerubs oopgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur geraak het en die vlerk van die ander gerub aan die ander muur. Hulle vlerke het in die middel van die vertrek aan mekaar geraak.
28 Hy het die gerubs met goud oorgetrek.
29 Aan die mure van die tempel het hy reg rondom versierings van gerubs en palmette en blomkelke in houtsneewerk aangebring, aan die binne- en buitekant.
30 Die vloer van die tempel het hy met goud oorgetrek, in die binne- en buitevertrekke.
31 Vir die ingang na die heiligdom het hy deure van wilde-olyfhout gemaak. Die kosyn dit is die deurstyle was vyfvlakkig.
32 En die twee deure van wilde-olyfhout daarop het hy houtsneewerk van gerubs, palmette en blomkelke aangebring het hy met goud bedek. Hy het die goud oor die gerubs en palmette geplet.
33 Net so het hy vir die ingang na die hoofvertrek deurstyle van wilde-olyfhout gemaak dit was viervlakkig
34 en ook twee deure van sipreshout. Twee vleuels van die een deur kon oopswaai, en twee vleuels van die ander deur ook.
35 Hy het gerubs, palmette en blomkelke daarop uitgekerf en dit oorgetrek met goud wat oor die kerfwerk gevorm is.
36 Toe het hy die binneste voorhof gebou drie lae gekapte klip en 'n laag sederhoutbalke.
37 In die vierde jaar is die fondament van die tempel van die Here gelê, in die maand Sif,
38 en in die elfde jaar, in die maand Bul, dit is die agtste maand, is die tempel voltooi, al die dele en volgens al die vereistes. Salomo het sewe jaar daaraan gebou.